Hamilton kraai koning in Sjanghai

Deel op

Image

Lewis Hamilton na sy wen in Sjina

13:12:16 McLaren se Lewis Hamilton het met net nog een wedren oor heelwat nader aan die wêreldtitel vir 2008 beweeg. Hamilton het in die laaste oefensessie Saterdag sy voorste plek op die wegspring verseker. Felipe Massa het tweede geëindig nadat sy spanmaat Kimi Raikonen hom kort voor die einde laat verbysteek het.

Deel op

Hamilton het nou net ‘n plek in die top-5 nodig by die Brasiliaanse Grand Prix op 2 November om die titel in te palm. Robert Kubica se klein kansie om die titel te verower, is daarmee heen met die elfde plek wat hy behaal het. Dit was Hamilton se vyfde oorwinning vir 2008. Hy staan nou op 94 punte met Massa sewe agter hom en Kubica derde met 75. Hamilton het geen foute begaan nie en die wedren van begin tot einde oorheers met sy akkurate lyne en spoed. Alonso, wat die vorige twee wedrenne gewen het, het vierde geëindig.

бурениеОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.