Seuntjie se lyk in dam opgespoor

Deel op

Die lyk van ’n kleuter wat Sondag in Hartebeespoortdam geslingers is toe ’n rubber-boot omgeslaan het, is deur polisie duikers gevind.

Noordwes-polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone, sê Zandré Vosloo se liggaam is Maandag met behulp van ‘n snuffelhond opgespoor. Hy het gesê die kind se liggaam is deur ‘n polisiesnuffelhond, wat deur ‘n beampte van die duikeenheid in Rustenburg hanteer is, opgespoor vier uur nadat die soektog om 07:00 hervat is. Zandré sou volgende maand sy tweede verjaardag gevier het. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nasionale seereddingsinstituut-woordvoerder, Craig Lambinon, het vroeër aan OFM-nuus gesê dat ’n Pretoria-Noord gesin van ses op ’n vriend se boot was toe dit naby die Eagle Waters-oord omgeslaan het, nadat hulle ’n skerp draai gemaak het.

Die kaptein, pa, ma en hul twee kinders, ’n 18-maande-oue dogter en hul seun, was op die boot. Mokgwabone sê die ondersoek na die voorval duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.