SA staar voedseltekorte in die gesig

Deel op

Die Wêreld-voedselprogram sê Suidelike Afrika kan in die volgende maande voedseltekorte ondervind nadat die droogte in Suid-Afrika se mieliegordel, die oeste tot minder as 50 persent beperk het.

Die WVP sê Suid-Afrika se mielieoes is minstens `n derde minder as verlede jaar. Die geskatte 9,6 miljoen ton is die swakste in agt jaar, het RSG berig.

Benewens Suid-Afrika wat 40 persent van die streek se mielies produseer, het droogtes in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Lesotho, Malawi en Madagaskar oeste ook beperk.

In Malawi het kwaai reëns ook oesskade meegebring. Dit is veral Zimbabwe wat deur groot voedseltekorte in die gesig gestaar word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.