Orkane woed in Texas

Deel op

Een mens is dood en twee groepe ­mense in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Texas moes per helikopter na veiligheid gebring word nadat hulle in stygende vloed­waters vasgekeer was.

Die stormweer kom nadat orkane Texas oor die naweek getref het, het AFP berig.

Vier volwassenes en ’n baba is Sondag van hul huis se dak in Krum gered. Twee volwassenes is per helikopter van hul bakkie se dak in Sanger gered. Tien ander mense is ook uit hul huise in die gebied ontruim.

Een mens is dood en verskeie beseer toe ’n orkaan Saterdag ’n landelike gebied suid van Cisko getref het.

Sondag was daar ’n orkaan naby die dorpie Van in die distrik Van Zandt. Verskeie huise is erg beskadig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.