Aktivis rook dagga tydens regstreekse SABC-uitsending

Die voorsitter van die Cannabis Working Group, Andre du Plessis, het Maandag in ‘n regstreekse uitsending op die SABC glo dagga gerook.

Hy het intussen aan eNCA bevestig dat dit ‘n daggadampie was wat hy in die ateljee aangesteek het.

Du Plessis het tydens ‘n onderhoud met die openbare uitsaaier die dwelmsigaret aangesteek.

Die SABC het beeldmateriaal van sy Newsroom-program op YouTube gelaai waarin Du Plessis die dwelm gebruik.

David Nayever, adjunkvoorsitter van die Central Drug Authority (CDA), het Du Plessis aangevat oor dwelmmisbruik, toe Du Plessis die daggasigaret aangesteek het. Die dwelmgebruiker het daarna opgestaan en die ateljee verlaat.

Du Plessis beywer homself daarvoor om daggagebruik te wettig.

Die SABC sê by die YouTube-video dat Du Plessis se gedrag afkeurenswaardig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.