PRAAG ontvang repliek van UNESCO, wil Kerkplein tot wêrelderfenis verklaar sien

Deel op

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) het ‘n antwoord van UNESCO, die kulturele afdeling van die Verenigde Nasies, ontvang na aanleiding van ‘n klag wat dié organisasie op 9 April 2015 teen die ANC-regering aanhangig gemaak het nadat die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein gevandaliseer is.

In sy skrywe aan UNESCO (sien PDF-dokumente in Frans hier onder), vra dr. Dan Roodt van PRAAG dat nie net die standbeeld nie, maar die hele Kerkplein tot ‘n wêrelderfenisterrein verklaar word sodat dit die nodige internasionale beskerming kan geniet. Hy versoek insgelyks die bemiddeling van UNESCO om samesprekings tussen die Afrikanerminderheid en die ANC-bewind oor erfenis te reël.

In hul reaksie, verwys die adjunkdirekteur: kultuur van UNESCO, mnr. Alfredo Pérez de Armiñán, die saak na Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by UNESCO, asook na mev. Thumeka Ntloko wat Suid-Afrika se wêrelderfenisbestuur behartig.

Daar is reeds meer as 1300 mense wat PRAAG se aansoek om Kerkplein as ‘n wêrelderfenisgebied geklassifiseer te kry, ondersteun. Die organisasie versoek egter lede van die publiek om die aanlynpetisie op sy webblad www.praag.co.za te teken ten einde nog name by die aansoek te voeg.

PRAAG onderneem om mev. Thumeka Ntloko onverwyld oor die kwessie te nader. “Indien ons nie sommer gou ‘n afspraak met Suid-Afrika se wêrelderfenisbestuurder verkry nie, sal ons ‘n bevoegde hof nader vir ‘n bevel dat sy ons oor Kerkplein te woord moet staan, op grond van die UNESCO-brief, asook Suid-Afrika se verpligtinge kragtens die Wêrelderfeniskonvensie wat hy in 1997 onderteken het,” sê dr. Dan Roodt. “Terselfdertyd sal ons die hof vra om tussentydse maatreëls te tref om Kerkplein en die Krugerstandbeeld te beskerm sodat geen verdere skade aan ons erfenis deur Boerehaat-fanatici aangerig kan word nie.”

email addressed to DG afrikaner Heritage

20150511_ADG response to Dan Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.