Die Russiese president, Vladimir Poetin, en president Jacob Zuma het hulle bilaterale samesprekings in Moskou afgesluit, het RSG berig.
Die twee leiers het tydens die vieringe van die 70 ste herdenking van die oorgawe van Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog samesprekings gevoer.
Volgens ‘n verklaring deur die Presidensie het die twee leiers die status van die Interregeringskomitee oor Handel en Ekonomiese Samewerking vir die komende BRICS-beraad in Julie in Moskou bespreek.
Poetin en Zuma het ook ooreengekom om onderlinge samewerking in mynwese, energie en landbou te verskerp.
Rusland het die oorwinning van die Geallieerdes oor Duitsland met ‘n luisterryke militêre parade gevier.
Dit was ‘n verleentheid vir die oorwinnaars oor Nazisme in die Weste wat nie die geleentheid wou bywoon nie.