Dawie Roodt, ekonoom, het tot die gevolgtrekking gekom dat Suid-Afrika se ekonomie R360 miljard groter sou gewees het as Eskom beter bestuur was.
Dawie Roodt het gesê kragonderbrekings kom voor weens voortdurende politieke inmenging.
Eskom sukkel om die ligte aan te hou sedert verlede jaar. Eskom sê die nasionale netwerk is onder druk en word vererger deur onwettige aansluitings.
Die Eskom-raad het sy uitvoerende hoof Tshediso Matona en drie ander bestuurders geskors. Sy voorsitter Zola Tsotsi het intussen bedank.
Roodt sê politici moet die bestuur in die hande van bekwame bestuurders laat.