Skietery in Switserland eis vyf

Deel op

Die polisie in Switserland het bevestig dat vyf persone Saterdagaand in ‘n skietery in Würenlingen in Switserland dood is.

“Die slagoffers is op twee verskillende plekke in dieselfde buurt gevind,” het Markus Gisin, hoof van die Aargau-polisie, Sondag aan verslaggewers gesê.

‘n 36-jarige man, Simon B. het homself geskiet nadat hy die vier moorde gepleeg het. Volgens die polisie het die man sy pa (58), skoonma (57), swaer (32) en ‘n 46-jarige man ná ‘n stryery doodgeskiet. Die 46-jarige buurman was glo toevallig op die misdaadtoneel.

Die 36-jarige man, ‘n pa van drie, het nie saam met sy vrou en kinders gebly nie en het nie ‘n vuurwapenlisensie gehad nie.

Die polisie is ontbied nadat bure skote gehoor het. Die dorp, sowat 30 km noordwes van Zürich, het ongeveer 4 500 inwoners.

Die skieter het vorige oortredings wat verband hou met geweld en onwettige besit van vuurwapens gehad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.