DA mobiliseer op grond van ras

Deel op

Mmusi Maimane, Helen Zille se opvolger en gunsteling, het die leierskapsstryd by die DA se verkiesingskonferensie in Port Elizabeth met ‘n oorweldigende meerderheid gewen wat daarop dui dat Zille steeds die party agter die skerms sal beheer.

Die 34-jarige Maimane het minder as vyf jaar gelede by die DA aangesluit. Maimane het gister die amptelike opposisie se eerste swart leier geword.

Dit het Sondag duideliker geword dat daar klaarblyklik geen ander projek vir die DA is behalwe verswarting nie. Die DA het wit kiesers gemaan om nie teen verswarting op te staan nie. Die nuutverkose DA-leier sê die party moet daarna streef om “ware nie-rassisme” te bereik.

Hy het ontken dat hy Zille se marionet is. Hy het gereageer op kritici wat gesê het hy is nie “ervare” genoeg om die amptelike opposisie te lei nie.

Hy het gesê hy sal sy eie styl van leierskap na die party bring en niemand sal die toutjies trek agter die skerms nie.

Die byeenkoms het meer aan ‘n sirkus herinner, met lede in blou narre-uitrustings geklee wat onsinnighede en gemeenplase voor die kamera resiteer.

‘n Gillende Zille is luid toegejuig toe sy die aankondiging van Maimane se oorwinning met ‘n ooglopende selfvoldaanheid gemaak het, op ‘n wyse wat Maimane se marionet-status verder beklemtoon het.

Maimane het sonder ironie gewaarsku dat daar geen verdraagsaamheid sal wees teenoor lede van die party wat “op grond van ras mobiliseer nie”. Hy het bygevoeg dat die DA “nie vasgevang moet word in ‘n “rassistiese verlede nie”.

Ten spyte van die gewone saai ontkennings oor hul deursigtige swart rasse-projek bekend as “nie-rassigheid”, het die nuwe ja-broer leierskap eweneens die verswarting en rasmobilisering van die opposisie geprys.

Die “verskrikking” van Verwoerd is oudergewoonte op ANC-wyse nadergesleep om aandag van die verswartingsprojek af te lei sodat wit kiesers eerder op “hul” skuld van die verlede kan fokus en nie op huidige swart onvermoë en wanprestasie nie.

“Skuld” is reeds met groot vrug deur die ANC en Mandela gebruik teen Afrikanerbelange, die Afrikaans taal en eie instellings. Dit word vandag selfs teen anti-koloniale wit leiers ingespan.

Mandela, ‘n voormalige internasionale terroris wat nie geweld wou afsweer nie, word steeds voorgehou as “vergewensgesind”.

Maimane het nalv veteraan-Boerhater Allister Sparks se opmerking oor Verwoerd gesê Sparks het sy lewe daaraan gewy om teen Verwoerd se nalatenskap, apartheid te veg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.