Kaapse brande glo doelbewus gestig sê ondersoeker

Deel op

Brande wat groot verwoesting gesaai het in die Kaapse Skiereiland en die lewe van ‘n brandbestryder geëis het, is glo doelbewus gestig.

Twee van die drie brande in Maart is kwaadwillig gestig en die derde een, die grootste van die drie by Houtbaai, is moontlik per ongeluk deur bergies gestig.

‘n Forensiese ondersoek deur dr. David Klatzow, ‘n forensiese ondersoekbeampte, het glo aangetoon dat bergies die vuur aangesteek het.

Hy sê daar is geen moontlike elektriese oorsake vir die ander twee brande nie. Meer as 3 000 hektaar en huise het in die slag gebly.

Die brande kan die belastingbetaler tussen R20 miljoen en R40 miljoen uit die sak jaag, alhoewel nog geen amptelike beraming van die skade gedoen is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.