UK skors swart Rhodes-aktivis

Deel op

Die Universiteit van Kaapstad (UK) het gister bevestig hulle ‘n student oor ‘n beweerde rasse-onderonsie met ‘n personeellid geskors het.

Die UK weier egter om die student se naam of ras bekend te maak.

Dit is klaarblyklik die swart aktivis Chumani Maxwele wat die veldtog teen Rhodes se standbeeld gelei het.

Hy word volgens bronne geviktimiseer deur die universiteit.

UK se woordvoerder, Gerda Kruger het gesê die skorsing volg na ‘n voorval tussen die student en personeellid wat na bewering ‘n week gelede plaasgevind het.

“Daar word beweer dat die student ‘n lid van die personeel geïntimideer, geteister en gedreig het asook rassisties was.”

Die swart student het aan Eyewitness News gesê die ‘n personeellid het ‘n rassistiese aanval teen hom geloods, en nie andersom soos die universiteit beweer nie.

“Toe sê sy vir my, die onlangse politieke voorvalle van ons barbaarse swart studente, hulle kan dit nie meer toelaat nie.”

Die student sal na verwagting volgende week voor ‘n tugkomitee verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.