UKIP en Rooi Ed sink

Deel op

Die Skotse leeu het gebrul! Skotland wat vroeër in ‘n referendum teen onafhanklikheid gestem het, het die Arbeidersparty in Brittanje die nekslag toegedien.

Die Arbeiders lyk asof hulle afstuur op die grootste pak slae sedert Neil Kinnock van die toneel verdwyn het in 1987. Ontleders meen dis die laaste sien van Ed Miliband asook die Tories se koalisievennoot Nick Clegg.

Praag het tydens die Skotse referendum die gees reg voorspel. Skotse nasionaliste het intussen nie gaan lê nie en die indruk van ‘n eenpartystaat gewek soos hulle saamgestaan het.

Indien amptelike voorspellings korrek is, kan Brittanje binne die volgende twee jaar ‘n geskiedkundige referendum oor voortgesette lidmaatskap van die EU te wagte wees, sowel as onderhandeling oor die onafhanklikheid van Skotland.

Volgens vroeë aanduidings het die Britse Konserwatiewe Party van die eerste minister David Cameron die verkiesing in die Verenigde Koninkryk gewen en die linkse Arbeiders met hul kommunistiese oorblyfsel van ‘n leier, Ed Miliband, is gesink.

Die voorspelling is dat die Konserwatiewe Party 316 van die 650 setels in die Laerhuis kan verower en die Arbeidersparty 239.

Die finale uitslae word later vandag verwag, maar daar word bespiegel dat Miliband sy uittrede sal aankondig na die loesing.

Die Arbeiders het sowat 50 setels van die Tories nodig gehad om enige kans te staan vir die premierskap, maar moes 17 parlementslede afstaan.

UKIP en die Liberale Demokrate, die sogenaamde LibDems, van Nick Clegg het besonder swak gevaar. UKIP kon sover net een setel inpalm.

Die party het kennelik ‘n groot fout begaan met die skorsing van ‘n partylid, Jack Sen, omdat hy Afrikaners teen swart rassiste verdedig het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.