Leerling by skool doodgesteek

Deel op

‘n Swart seun van Ebony Park in Midrand, Johannesburg, is Maandag op die skoolterrein dood toe ‘n medeleerling hom met ‘n skêr gesteek het, het News24 berig.

Songezo Mabindla (21), ‘n leerling aan Tsosoloso ya Afrika Sekondêre Skool, is met ‘n skêr gesteek nadat hy met ʼn ander leerder baklei het.

Die polisie en nooddienste is na die skool ontbied, waarna die aanvaller in hegtenis geneem is.

“Hy was ‘n stil seun en het nooit enigiemand gepla nie. Hy het ons altyd gegroet,” het ‘n veiligheidsbeampte by die skool aan News24 gesê.

“Hy het altyd geluister as ons hom gevra het om iets uit trek wat nie deel van die skooluniform is nie of om die skoolreëls na te kom.”

‘n Gedenkdiens vir Mabindla is in die skoolsaal gehou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.