Afrika byeen oor Burundi-krisis

Deel op

Staatshoofde van oos-Afrika sal volgende week in Tanzanië vergader om die voortslepende politieke krisis in Burundi te bespreek, het RSG berig.

Dit volg op ‘n vergadering in Bujumbura tussen President Pierre Nkurunziza en vier ministers van buitelandse sake vanuit die streek.

Die presidente van Kenia, Uganda, Tanzanië en Rwanda sal saam met Nkurunziza in Dar Es Salaam byeenkom. Die geweld in Burundi het reeds twaalf lewens geëis.

Die presidentsverkiesing waaraan Nkurunziza vir ‘n derde keer wil deelneem, sal aanstaande maand plaasvind.

President Jacob Zuma het intussen bekendgemaak dat hy ‘n gesant na Burundi gaan stuur in ‘n poging om die gespanne situasie te ontlont.

Zuma het by sy presidensiële woning in Kaapstad gepraat, waar hy ‘n hoflikheidsbesoek van die Namibiese president, Hage Geingob ontvang het.

Zuma sê die land kan nie weens ‘n grondwetlike tegniese punt weer oorlog laat uitbreek nie.

Geingob het die vertroue uitgespreek dat Zuma die regte persoon is om die situasie namens die suidelike streek aan te pak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.