Inwoners eis dat plaaslike werkers by Medupi aangestel word

Deel op

Lokasiebewoners by Ellisras (Lephalale) in Limpopo het ‘n beroep op die Wetgewer gedoen om te sorg dat plaaslike inwoners by die Medupi en Matimba-kragaanlegte aangestel word.

Hulle beskuldig buitelanders ook van ‘n prysoorlog teen plaaslike kleinsake-handelaars.

Hulle het sterk beswaar aangeteken oor buitelanders wat by onwettige sakebedrywighede betrokke is.

Die plaaslike swartes beweer dat buitelanders hul produkte te goedkoop verkoop wat tot werkloosheid en die ineenstorting van die plaaslike kleinsake-sektor gelei het.

Honderde plaaslike inwoners het by ‘n uitreikprogram teen vreemdelingehaat van die Limpopo Wetgewer in die Marapong-lokasie gekla oor dié en ander praktyke.

‘n Lid van die provinsiale wetgewer, Dickson Masemola het in reaksie op die gemeenskap se griewe gesê die ANC-regering sal verseker dat buitelanders aan die land se wette voldoen.

Hy sê die provinsiale regering en plaaslike munisipaliteite moet toesien dat sake-ondernemings behoorlik gereguleer word.

Intussen het die Nasionale Vergadering die oprigting van ‘n adhoc-komitee goedgekeur om die vlaag xenofobiese geweld van verlede maand te ondersoek.

Dié aanvalle in Durban en Johannesburg het vir kwaai internasionale kritiek gesorg.

Die veelparty komitee van elf lede sal teen 30 Augustus aan die parlement verslag doen oor hul bevindinge oor geweld teen buitelanders en verwante sake.

Die bevindinge van ‘n taakspan wat xenofobie in 2008 ondersoek het, sal ook by hul verslag ingesluit word. In 2008 is buitelanders lewend aan die brand gesteek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.