Elf Durbanse treinwaens uitgebrand

Deel op

Durbanse pendelaars het elf treinwaens vernietig omdat die treine nie betyds opgedaag het nie.

Die waens is by die Reunion-stasie naby Isipingo by Durban deur oproerige pendelaars aan die brand gesteek.

‘n Woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste sê niemand is tydens die brande beseer nie.

Die pendelaars het ook glo die trein met klippe bestook en daarna aan die brand gesteek uit ontevredheid met swak diens.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.