Mugabe noem Zimbabwiese emigrante ‘kriminele’

Deel op

Die Zimbabwiese regering het president Robert Mugabe verdedig nadat die veteraan-leier opmerkings oor die land se “kriminele Kalangastam” (Ndebele) gemaak het.

Mugabe het opslae gemaak toe hy verlede week gesê het die meeste Zimbabwiese emigrante na Suid-Afrika is “Kalangas van Matabeleland”. Hy het gesê hulle (Kalangas) het min opvoeding en dat hulle ook na bewering skelms is.

Mugabe het gesê Kalangas word wyd gesien as betrokke in kriminele aktiwiteite in Suid-Afrika. Mugabe het ten minste 20 000 van Joshua Nkomo se volgelinge, almal Ndebele, laat uitmoor in die tagtigerjare.

Mugabe, 91, het dié stellings kwytgeraak in reaksie op ‘n vraag oor die xenofobiese geweld in dele van Durban en Johannesburg verlede maand.

Westerse skenkers oefen na wat berig word druk uit dat die Zimbabwiese opposisieleier, Morgan Tsvangirai en die afgedankte adjunkpresident, Joice Mujuru kragte saamspan om president Robert Mugabe in die volgende verkiesing uit die kussings te lig.

Volgens die webwerf, Zimbabwe.com het skenkers ‘n beroep op Tsvangirai gedoen om Mujuru te betrek of andersins geldelike steun te verbeur.

Luidens die berig is skenkers gefrustreerd met die MDC se volgehoue mislukking teen Mugabe. Volgens bronne is voorlopige samesprekings begin, maar die party het dit ontken.

Intussen moes Julius Malema se besoek aan Zimbabwe afstel na xenofobiese aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika tot kritiek gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.