Hulporganisasie weet nie 3 van SA word vermis nie

Deel op

Die hulpverleningsorganisasie, Gift of the Givers, is nie bewus van drie Suid-Afrikaners wat moontlik nog in Nepal vermis is nie, met die amptelike dodetal wat die 7 500 kerf verbygesteek het.

Gift of the Givers-stigter, Imtiaz Sooliman, se komentaar volg nadat die Nepalese weermag gesê het die drie is onder 105 mense van wie daar nog nie rekenskap gegee is nie. Dit is volgens die jongste statistieke van ‘n sentrale koördineringsentrum in Katmandoe.

Volgens die weermag is sommige dorpe in bergagtige gebiede heeltemal onder modderstortings begrawe.

Sooliman sê hy het nog niks gehoor van drie vermiste Suid-Afrikaners nie, maar indien dit wel so is, is hulle bereid om hulp te verleen, al is hul span op pad terug na Suid-Afrika.

Die Nepalese weermag sê volgens die jongste statistieke van ‘n sentrale koördineringsentrum in Katmandoe, is die drie onder 105 mense van wie daar nog nie rekenskap gegee is nie.

Die woordvoerder van die Suid-Afrikanse departement van Internasionale Betrekkinge, Nelson Kgwete sê egter daar is rekenskap gegee van al die Suid-Afrikaners op sy lys.

Vroeër is die bergklimmer, Sarah Khumalo per helikopter van die berg Everest na veiligheid gebring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.