Tweede tiener wou by ISIS aansluit

Deel op

Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo het bevestig dat ‘n tweede tiener van Kaapstad gekeer is voordat sy by die Islamitiese Staat kon aansluit.

Die hoërskool-leerder van Grassy Park op die Kaapse Vlakte is ná ‘n wenk by die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekeer, berig RSG.

Mahlobo sê sekere gemeenskappe in die land word deur die ISIS-militante geteiken.

Die veiligheidsdienste het na bewering gereageer op grond van inligting wat deur die eerste Kaapse meisie verskaf wat by die ISIS wou aansluit. Die twee is glo vriendinne.

Die departement en die Valke het glo reageer op inligting wat ‘n 15-jarige meisie van Kenwyn verskaf het.

Mahlobo het sedertdien ouers herhaaldelik gemaan om hul kinders se internetgebruik dop te hou. Hy het Dinsdag weer die waarskuwing tydens ‘n perskonferensie voor die minister se begrotingsdebat in die parlement uitgereik.

“Ons weet dat ISIS jongmense teiken en die internet daarvoor gebruik,” het Sonto Kudjoe, direkteur-generaal van staatsveiligheid, gesê.

Intelligensiebronne sê egter hulle ondersoek ‘n fisiese teenwoordigheid van werwers van die jihad-groep in die land.

Mahlobo het gesê staatsveiligheidsagentskappe is baie paraat oor die kwessie van werwing deur fundamentalistiese groepe en hulle bly in kontak met gemeenskappe wat as teikens beskou word. Hy het gesê sedert die tiener van Kenwyn gepoog het om by ISIS aan te sluit, het verskeie gemeenskapsgroepe sy departement gekontak om te sê dat hul kinders aangehits word om dit ook te doen.

“In Kaapstad het ons met die Moslemregsraad vergader,” het hy gesê. Kinders word glo daagliks gewerf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.