ISIS aanvaar verantwoordelikheid vir Texas-aanval

Deel op

Die Islamitiese staat het verantwoordelikheid vir die aanval in Garland, Texas, via sy Al Bayan radiostasie aanvaar.

Die Islamitiese staat (ISIS) het in ‘n verklaring Dinsdag beweer dat dit die eerste aanval van die terroriste-groep op Amerikaanse bodem was en bygevoeg dat twee van sy “soldate” probeer het om ‘n aanval uit te voer omdat die uitstalling “negatiewe foto’s van die profeet Mohammed bevat” het AFP berig.

Die jihadistiese groep het gewaarsku dat dit die begin van ‘n terreurveldtog sal wees wat “groter en bitterder” sal word.

Beide aanvallers is doodgeskiet in ‘n parkeerterrein buite die die gebou waar die tentoonstelling gehou is.

Die twee is glo kamermaats Elton Simpson en Nadir Soofi, van Phoenix.

Dit blyk dat Simpson sedert 2006 dopgehou word. In 2011 is hy skuldig bevind aan ‘n terreur-verwante oortreding nadat vir FBI-agente gelieg het oor sy begeerte om na Somalië te reis en aan te sluit by jihadistiese groepe.

Geert Wilders het by die geleentheid opgetree. Hy is ongedeerd.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.