SA spog steeds met hoogste MIV-infeksies

Deel op

Suid-Afrika het steeds die hoogste voorkoms van MIV-infeksies ter wêreld.

Dit is volgens die mede-voorsitter van die Suid-Afrikaanse nasionale Vigsraad, Steve Letsike. Letsike het by UNISA in Pretoria gesê daar is sowat 6,4 miljoen mense in die land wat met MIV lewe.

Hy sê om die teiken van zero infeksies te bereik sal ‘n groot poging verg.

Miljarde rande is oor dekades reeds aan voorkoming en navorsing bestee, sonder om die siekte uit te skakel.

‘n Nasionale studie oor studentegedrag in terme van seks en MIV is tydens die geleentheid bekendgestel.

In Uganda en Nigerië is die voorkoms van nuwe gevalle ewe hoog wat van UNAIDS se teiken van zero nuwe infeksies teen die einde van 2015, ‘n hersenskim maak.

Jongste ramings deur Uganda se Vigskommissie (UAC) toon dat 380 nuwe infeksies daagliks voorkom. Dit impliseer jaarliks 138700 nuwe infeksies bykomend tot die 1,6 miljoen mense wat reeds met MIV leef.

Thabo Mbeki, die vorige president, is verguis as ‘n Vigsontkenner omdat hy nie anti-retrovirale medisyne op staatsonkoste wou verskaf nie, en daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir die hoë sterftesyfer.

Die beskikbaarheid van die medikasie het intussen niks aan die prentjie verander nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.