Twee kritiek na baksteengooier weer N12 teiken

Deel op

‘n Agtjarige seuntjie veg om sy lewe nadat ’n baksteen op die N12-hoofweg in Johannesburg vanaf ‘n oorbrug op die gesin se motor gegooi is.

Die polisie stel glo nie in die saak belang nie en het nog geen verklarings afgeneem nie.

Caden Slabbert (8) is Donderdagmiddag op die N12 naby die winkelsentrum The Glen met ‘n baksteen raakgegooi. Hy is teen die kop getref.

Nóg ‘n passasier, Marionette Schwab (42) is ook Donderdagmiddag by dieselfde oorbrug deur ‘n baksteen getref, wat vermoedelik deur dieselfde swarte afgegooi is.

Albei slagoffers was passasiers in motors en is teen die kop getref. Caden en Schwab word in geïnduseerde komas gehou weens hul kritieke kopbeserings.

Justin Slabbert, Caden se pa, het Maandag gesê die polisie het nog nie die voorval opgevolg nie.

Schwab se ongeluk is Saterdag by die Alberton-polisiekantoor aangemeld, maar die polisie stel klaarblyklik nie belang om die misdadiger vas te trek nie.

Alberton se gemeenskapspoli­siëringsforum (GPF) het glo reeds die baksteengooier geïdentifiseer. Dit is glo nie die eerste keer dat hy bakstene gooi nie.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisiediens (JMPD), het gesê die metropolisie patrolleer die gebied en geen verdere voorvalle is aangemeld nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.