Upington-lughawe kry bomdreigement

Deel op

Die lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) wil lugreisigers en ander belanghebbendes gerusstel dat bedrywighede by die Upington-Internasionale Lughawe nie erg ontwrig is nadat die lughawe vanoggend ‘n bomdreigement ontvang het nie.

Lughawebestuurder, Nongo Dibete, sê die polisie se bomeenheid het die perseel gefynkam nadat die lughawe se sekuriteit vanoggend omstreeks 04:00 ‘n naamlose oproep ontvang het.

Polisie het vroeër aan Ofm-nuus gesê ‘n Afrikaanssprekende vrou het gebel en gesê ‘n bom sal tussen 5 en 7 afgaan. Dibete sê die lughawe se noodplan is vinnig in werking gestel.

Dibete sê die polisie is op ’n hoë gereedheidsgrondslag en die situasie op die lughawe word deeglik gemonitor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.