Vermeende xenofobiese aanvallers vra pleitooreenkoms

Deel op

Die verhoor van die vier swartes wat beskuldig word van die moord op die Mosambiekse burger Emmanuel Sithole is uitgestel. Die vier het in die Alexandra-landdroshof verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord en roof.

Mthinto Bhengu, Sizwe Mngomezulu, Ayanda Sibiya en Sifundi Mzimela het Sithole glo verlede maand in ‘n straat in Alexandra, noord van Johannesburg, met ‘n mes doodgesteek.

Die mesaanval is deur die Sunday Times op foto vasgelê tydens die xenofobiese opwelling wat die land teister.

Bhengu en Sibiya het aan die hof gesê hulle wil ‘n pleitooreenkoms met die staat aangaan, terwyl hulle medebeskuldigdes, Mngomezulu en Mzimela, skuld sal ontken.

Die saak is tot 13 Mei uitgestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.