Mandela-groep toegang tot Gasa geweier

Deel op

Die Russiese president Wladimir Poetin het Woensdag met lede van ‘n groep wat hulself die “Ouderlinge” noem, ontmoet nadat hulle toegang tot Gasa geweier is.

NUUT!

Voormalige staatshoofde en leiers van die belangrikste internasionale organisasies was in Moskou om die Oekraïne te bespreek asook wêreldvrede.

Die groep is deur Israel toegang tot Gasa geweier nadat hulle by die Palestyne wou gaan besoek aflê. Poetin het hulle op sy Nowo-Ogarjowo landgoed buite Moskou ontvang vir hul driedaagse besoek aan Rusland se hoofstad.

Die groep is gestig in 2007 deur die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela om hul invloed oral te laat geld.

Bestaande ​​uit 12 lede, en tans onder leiding van die voormalige sekretaris-generaal van die VN, Kofi Annan, wil die oudstes help om die wêreld se ernstige en ingewikkelde probleme op te los.

Desmond Tutu is ook deel van die groep.

“Kollegas, vriende, Laat my u hartlik in Moskou verwelkom…Ongelukkig het die wêreld nie eenvoudiger geraak sedert julle aktief aan die politieke lewe deelgeneem het nie. Ek probeer nie sê dat dit julle nalatenskap is nie, maar bloot dat ons wêreld regtig kompleks en uiteenlopend is en met baie konfliksituasies worstel,” het die Russiese president gesê in sy verwelkomingsrede.

Afgesien van vergaderings met president Poetin, het die oudstes gesprekke met die minister van buitelandse sake Sergei Lawrof, voormalige Sowjetpresident Mikhail Gorbatsjof en die voormalige premier Jefgeni Primakof gevoer.

Die oudstes wat deel was van die besoek aan Moskou was: Martti Ahtisaari, voormalige Finse president; Kofi Annan, voormalige sekretaris-generaal van die VN; Lakhdar Brahimi, voormalige Algerynse minister van buitelandse sake, Gro Harlem Brundtland, voormalige premier van Noorweë; Jimmy Carter, voormalige Amerikaanse president, en Ernesto Zedillo, voormalige Mexikaanse president.

Annan, Ahtisaari, Brahimi en Zedillo is almal trustees wat op die raad van George Soros se Open Society Foundation dien.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.