Polisieminister berispe xenofobiese aanvallers

Deel op

Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê armoede en werkloosheid is nie ‘n rede om buitelanders aan te val nie.

Die SAUK berig Nhleko het tradisionele leiers, sakelui en inwoners van Germiston toegespreek.

Sewe mense is verlede maand dood in xenofobiese geweld in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng en duisende is ontwortel.

Meer as 300 mense is reeds in hegtenis geneem in verband met die geweld en verskeie klopjagte is uitgevoer.

Nhleko het Suid-Afrikaners gevra om hul mede-Afrikane met respek te behandel.

Intussen het die interministeriële komitee vir migrasie, gelei deur die minister in die presidensie, Jeff Radebe die families van Suid-Afrikaners besoek wat in die onlangse geweld teenoor buitelanders in Umlazi, suid van Durban dood is.

Radebe en sy span het die familie van die 24-jarige Ayanda Dlamini besoek, wat verlede maand in die geweld dood is. Hy sal na verwagting ook die families van nog twee slagoffers besoek – Thabo Mzombe wat in Umlazi doodgeskiet is en Petros Dlamini wat in Chatsworth dood is.

Radebe sê die komitee gaan alle aspekte van migrasie ondersoek, om ‘n blywende oplossing vir die uitdaging van xenofobiese geweld te vind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.