Brittanje dié week lamgelê deur verkiesing

Deel op

Leiers van politieke partye in Brittanje is besig om hulle verkiesingsveldtogte af te handel in die laaste naweek voor die land se algemene verkiesing.

Volgens die jongste meningspeilings loop die Konserwatiewe Party en die Arbeidsparty kop-aan-kop om die verkiesing te wen.

Kiesers sal Donderdag na die stembus gaan om die land se 56ste regering te verkies.

Daar is egter nie enige party wat sonder ‘n koalisie sal kan regeer nie, iets wat die FT verlede week as die laaste stuiptrekkings van ‘n eertydse wêreldmoondheid beskryf het.

Die Konserwatiewe Party van David Cameron en die Liberaal Demokrate regeer die land op die oomblik saam.

Die VSA kyk toenemend na Duitsland as Europese vennoot omdat Brittanje nie genoeg in NAVO wil belê nie, wat gelei tot ‘n afwatering in die verhouding van die Atlantiese tandem. Cameron se belofte dat ‘n referendum oor die EU gehou sal word, is een van sy party se sentrale temas.

Cameron vrees dat UKIP se leier, Nigel Farage, met sy vaardige retoriek van die konserwatiewe steun kan afrokkel.

Farage is teen immigrasie gekant wat ‘n “massiewe ooraanbod in die arbeidsmark” veroorsaak.

Die huidige koalisie-regering spog dat die Verenigde Koninkryk meer in buitelandse hulp uitdeel “as enige ander Westerse land”, iets wat Farage ook uitbuit.

UKIP word as “ekstreem en rassisties” deur hulle mededingers voorgehou.

Die Konserwatiewe Party hoop dat die aankondiging van die koninklike geboorte van ‘n prinses hul kanse sal vergroot op ‘n oorwinning.

Intussen het die Russiese media berig dat die baba ten minste drie dae ouer is as wat die gesin wil voorgee en dat die aankondiging ‘n “opvoering” is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.