Van foefies en fopspene

Deel op

Onder die foefiebelonings waarmee die linkses mekaar probeer gelukkig hou, is die ere-doktorsgraad seker die gunsteling. Dis eintlik vreemd dat De Klerk, nuttige idioot by uitstek, nog nie so’n foefietoekenning ontvang het nie. Of het hy dalk waarvan ek nie weet nie? Beslis het hy ‘n fopspeentoekenning in die vorm van ‘n halwe Nobelprys gekry as beloning vir sy rol in die skandelike uitlewering van Suid-Afrika aan ‘n terroristebende.

Maar wat ere-doktorsgrade betref, is dit moeilik om beter te doen as die dwergaap-diktator hier oorkant die grens wat nie ‘n wit gesig wil sien nie. Agt, ja agt, ere-doktorsgrade is oor die jare deur Westerse universiteite aan hom toegeken, ondermeer deur die Universiteit van Edinburg, die Universiteit van Massachusetts Amhurst en die Michigan State University. ‘n Ere-Doktorsgraad is skynbaar ook deur die Anglikaanse kerk aan hom toegeken vir outstanding leadership en in 1994 het mev Windsor die ridderskap Knight of the Grand Cross (KGC) ook aan hom toegeken.

Teen September 2008 kon ‘n honderdmiljoen Zimbabwiese dollar drie eiers koop, na nie eens drie dekades van Mugabe se “uitnemende leierskap” nie.

Nader aan die huis staan gedienstiges, inskiklikes en politiek korrektes ook nie juis terug wanneer dit by fopspeentoekennings kom nie, veral as hulle Afrikanerhaters is (en is hulle nie almal nie !) Die halwedop-Nobelprys toekenning aan leëdop De Klerk is reeds genoem. Maar daar is ook nog die reeks toekennings aan rosyntjiegesig, André P vir sy uitnemende bydrae tot die aftakeling en ondermyning van Afrikaners. Pryse wat bedoel is om jong talent aan te moedig en te beloon, is keer op keer aan die afgeleefde ou pruimedant toegeken, natuurlik uit erkennig vir sy Afrikanerhatery. Onlangs was hy juis weer op pad terug van Europa waar hy ‘n, raai wat, ere-doktorsgraad van die Universiteit van Leuven ontvang het, toe Skoppensboer hom op die vlieguig aantree. Die arme vlugpersoneel wat so-iets moes hanteer!

Maar die eerste prys vir die belaglikste van foefiepryse moet sekerlik gaan aan die Kaapse liberaliste wat onlangs op die gedagte gekom het om ‘n straat na FW (Fopspeen Wenner) De Klerk te vernoem. As hierdie lagwekkende inisiatief enige meriete het, dan is dat die honne minstens voortaan hulle been in styl sal kan lig teen die oubaas se naampaaltjie.

In die onlangse verlede is daar ook heelwat ink bestee aan uitsprake van die “Afrikaner”, rykman Doktor (nog ‘n foefie) Johann Rupert. Tydens ‘n beraad van die Fopspeen Wenner De Klerk-stigting lewer Rupert ‘n relaas oor agteruitgang in die land en sluit dan af met: “Ek dink ons het meer van die gees nodig wat FW De Klerk 25 jaar gelede openbaar het. Mense wat bereid was om te doen wat reg is en onpopulêr te wees.” Droom ek of droom hy? Bid jou aan, “onpopulêr” te wees. De Klerk was bereid om alles in die weegskaal te plaas ter wille van juis wêreldwye populariteit en ‘n foefieprys daarvoor te kry. Maar kan ‘n mens beter denke verwag van Rupert? Hyself het uitgesak in sy studies in ekonomiese wetenskappe aan Stellenbosch en hom toe maar verskeie foefiepryse in die vorm van ere-doktorsgrade laat welgeval, ondermeer een in ekonomiese wetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch! Dit as beloning vir die groot prestasie dat hy hom ryk geërf het.

Die regte ding! Hy vra meer van dieselfde medisyne! Herinner amper aan Daisy De Melker wat aangehou het om haar sterwende mans meer en meer gif in te gee. Alles pogings van die linkses en die politiek fatsoenlikes om ontslae te raak van die nare ontnugtering dat die “nuwe” demokratiese Suid-Afrika ‘n mislukking is. Kyk gerus wat sê en skryf Max Du Preez en Tim Du Plessis deesdae. Juis hierdie week moes Du Preez sy lot bekla omdat Edward Zuma, Jacob se seun, hom as rassis uitgekryt het en beveel het om sy bek te hou of pad te gee. Watter demokrasie! En dan R8 miljoen van belastingbetalers se geld vir Ace Magashula se ampswoning en swembad en R156 000 per dag vir fopspeen “koning” Goodwill Zwelithini met sy 6 vrouens en 27 kinders. Hoeveel gesinne in Suid-Afrika moet lewe op R156 000 en minder per jáár? Demokraties né.

Die rookskerm waarmee die linkses die mislukking van die Suid-Afrikaanse demokrasie deesdae probeer kamoefleer is skynbaar nou Jacob Zuma. Dis Jacob Zuma se skuld as die Suid-Afrikaanse demokrasie nie werk nie. Wat hulle gerieflikheidshalwe nie wil raaksien nie, is dat Jacob Zuma die produk is van die Suid-Afrikaanse demokrasie. Hy is nie ‘n soort toevalligheid of ongeluk nie nie. Hy is dit wat die Suid-Afrikaanse kieserspubliek wil hê en wie hulle reeds twee keer ingestem het. Jacob Zuma ís die Suid-Afrikaanse demokrasie.

Hierdie week skryf Henry Jeffreys, voormalige redakteur van die Burger: “Laat ons nou maar in hierdie 21ste jaar van demokrasie erken ons is baie ver van Desmond Tutu se reënboognasie of van Nelson Mandela se droom van ‘n beter lewe vir almal.” Die demokratiese perd wil maar net nie loop nie, maar pleks van af te klim, probeer hulle die ding met foefies aan die lewe hou.

Dis duidelik dat hulle begin verstaan, maar hulle het net nie die moed om dit tot sy volle uiteinde deur te trek nie.

Laat my dit dan maar vir hulle doen: Demokrasie in Suid-Afrika werk nie, sal nooit werk nie en is trouens besig om die land te vernietig. En dit beskou Rupert as die regte ding! As hulle dit tog maar net wil erken: Demokrasie in Suid-Afrika is en was uit die staanspoor die grootste foefie van almal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.