Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld

Deel op

Die polisie op Thabazimbi in Limpopo is op hoë gereedheid nadat winkels van buitelanders die afgelope twee dae aangeval, geplunder en aan die brand gesteek is.

Polisiewoordvoerder Ronel Otto sê elf mense is gearresteer en sal aangekla word van openbare geweld, huisbraak en die besit van gesteelde goedere.

Xenofobiese aanvalle het versprei na Limpopo waar winkels wat besit word deur Somaliërs en Ethiopiërs geteiken is.
 
Ongeveer 50 buitelanders, insluitend vroue en kinders, word nou tydelik gehuisves in die dorp by ‘n gemeenskapsaal.
 
Hulle het aangedui dat hulle al hul besittings verloor het en hulle moet staatmaak op die regering en ‘n paar humanitêre organisasies om basiese dinge soos kos te voorsien.
 
Thabazimbi se burgemeester, Patricia Mosito, het die voorval veroordeel. “Dit is krimineel om buitelandse burgers aan te val … dit is nie iets wat ons kan kondoneer nie.”
 
Intussen het ‘n ANC-lid in die Noordwes-wetgewer, Jeanette Dibetso-Nyathi, ‘n beroep op almal gedoen om die pogings van die nasionale regering te ondersteun in die hantering van die sporadiese aanvalle op buitelandse burgers.
 
Intussen het President Jacob Zuma amptelik die Nasionale Raad van Provinsies ingelig dat hy 338 soldate ontplooi het om enige verdere aanvalle op buitelanders in Kwazulu-Natal, Gauteng en enige ander gebied, te voorkom.
 
Zuma sê dat die soldate op die strate sal bly tot 30 Junie, en kos die land meer as R4,2 miljoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.