‘n Staatsaanklaer van die Galeshewe landdroshof in Kimberley verskyn weer op 22 Mei in die hof op ‘n aanklag van bedrog, nadat hy glo tussen R1500 en R2500 omkoopgeld gevra het om ‘n saak terug te trek.
Dit spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April, terwyl Anele Kohlani betrokke was by ‘n aanrandingsaak.
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Sergio Kock sê die 32-jarige Kohlani is gisteroggend in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn.
Kohlani is uitgelaat op R1000-borgtog.