Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie

Deel op

‘n Nigeriese menseregte-organisasie het die Internasionale Strafhof (ICC) in Den Haag genader om ‘n klag van haatspraak teen die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini te ondersoek.

Dié hof ontvang maandeliks duisende sulke klagtes wat tans op niks uitloop nie.

Na vele klagtes teen slegs Afrika-staatshoofde ontvang is, is die instelling gekritiseer as ‘n politieke instrument sonder regskrag, veral nadat Kenia se Uhuru Kenyatta in die spervuur gekom het weens verkiesingsgeweld maar Libië se vermoorde leier nooit die kans gegun is om sy saak te stel nie.

Hillary Clinton het selfs openlik in ‘n onderhoud na die Amerikaanse inval in Libië gekraai dat internasionale regspleging begrawe is: “Ons het gekom, ons het gesien, hy’s dood”.

Die klag werp insgelyks ‘n skadu oor Suid-Afrika se regstelsel aangesien die ICC deur die Roomse Statuut gedwing word om alleen klagtes te ondersoek in lande waar die regstelsel nie funksioneer nie.

Die sosio-ekonomiese regte en aanspreeklikheidsprojek (Serap) het gevra dat die ICC-aanklaer Fatou Bensouda die beweerde medepligtigheid of nalatigheid van Suid-Afrika se polisie in die voorkoming van die xenofobiese aanvalle ondersoek.

Die minister van polisie Nkosinathi Nhleko was glo teenwoordig toe die koning sy toespraak voorgelees het.

Zwelithini het by ‘n byeenkoms in Pongola, KwaZulu-Natal in Maart gesê “buitelanders moet hul tasse pak en huis toe gaan”. Hy het egter bygevoeg dat die owerhede nie sal ondersteun wat hy sê nie.

Die koning het later gesê hy het “onwettige immigrante” bedoel. Hy blameer ook ‘n derde mag vir die geweld.

Die koning is nie bang om sy sê in Zoeloe te sê nie. In 2012 het hy verklaar dat diegene wat betrokke is in gay verhoudings “vrot” is, maar later die skuld op swak vertaling gepak.

Serap het gesê Zwelithini se stellings kan nie kragtens enige wet geregverdig word nie, en “misdade teen die mensdom is dikwels die gevolg van opmerkings soos Zwelithini s’n”.

Serap is klaarblyklik heeltemal tevrede met die aanhitsing teen blankes ten spyte van vrome verklarings oor “haatspraak”:

“…The Canadian Supreme Court held that hate speech may constitute persecution, even if it does not result in the commission of acts of violence. In arriving at this conclusion, the court considered that a link was demonstrated between the speech at issue and the widespread or systematic attack against the civilian population. Thus, the post-World War II jurisprudence generally establishes that hate speech not urging an audience to commit imminent violence can constitute persecution.”

Nigerië se waarnemende hoëkommissaris Martin Cobham en sy adjunk Uche Ajulu-Okeke is Saterdag gevra om terug te keer uit Suid-Afrika vir konsultasies oor die aanvalle.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge het in reaksie gesê die onttrekking is “‘n ongelukkige en jammer stap” en “vreemd”.

Woordvoerder Clayson Monyela het egter verklaar dat Suid-Afrika verbind bly tot die skep van ‘n sterk band en bilaterale verhoudinge met Nigerië.

Hy het Nigerië daaraan herinner dat Suid-Afrika uiterste geduld aan die dag gelê het met die repatriasie van 84 ontslape burgers wat omgekom het in die Nigeriese kerkramp.

Die 84 was deel van ‘n groep van 116 wat dood is toe ‘n gastehuis van die Sinagoge Kerk onder leiding van TB Joshua, in September verlede jaar ineengestort het weens swak bouwerk.

Dinsdag het die minister in die Presidensie Jeff Radebe gesê Suid-Afrika het ‘n hartlike verhouding met Nigerië.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.