Kenners het Nepal-ramp voorspel

Die grootste tragedie in Nepal, wat Saterdag deur ‘n massiewe aardbewing getref is en duisende mense dood of haweloos gelaat het, is dat daar twee weke gelede reeds ‘n vergadering gehou was waarin kundiges hierdie aardbewing voorspel het.

Dit is volgens Prof. Dewald van Niekerk, Direkteur van die Afrika-Sentrum vir Rampstudies, wat in Potchefstroom gebaseer is.

Meer as 4 700 mense is dood, maar volgens Van Niekerk gaan hierdie syfer moontlik nog skerp styg soos wat reddingswerkers die meer afgeleë gebiede van die bergagtige land bereik.

Verder meen Van Niekerk dat jare se swak besluitneming en ontwikkeling verantwoordelik is vir die ramp.

Hy het gesê risikobestuur veronderstel beplanning vir lang siklusse van 50 jaar in sulke omstandighede en kan nie binne die bestek van een tot vyf jaar gedoen word nie.

Van Niekerk sê genoeg geld moet ook daarvoor opsy gesit word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.