Zuma by SAOG-vergadering oor minerale

Deel op

President Jacob Zuma sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se buitengewone beraad oor nywerheidsontwikkeling vandag in Harare in Zimbabwe saam met ander streeksleiers bywoon.

Suid-Afrika se ministers van Internasionale Betrekkinge, Handel en Nywerheid, en Finansies sal die president vergesel.

Die beraad volg nadat SAOG-lede verlede jaar by ‘n vergadering besluit het dat ‘n konsepstrategie oor waardetoevoeging tov minerale hulpbronne opgestel word.

Die bespoediging van dié ontwikkeling in die SAOG-streek is op die sakelys wat daarop gemik is om werk te skep en armoede te verlig.

Gewapende polisie moes sowat 200 lede van die hoofopposisieparty in Zimbabwe voor die hotel in Harare verwilder waar die beraad gehou word.

Die betogers van die MDC eïs dat die SAOG-leiers Zimbabwe red van President Robert Mugabe, wat volgens hulle te veel lyding vir gewone mense veroorsaak het.

Gewapende polisielede het op die MDC toegesak en betogers met knuppels uiteengejaag.

Die vierdaagse beraad het die naweek begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.