Geld reën na treinbotsing

‘n Botsing tussen twee treine by die Denverstasie in die suidooste van Johannesburg Dinsdag, waarin 240 mense beseer is, het die lewe van een passasier geëis.

‘n Business Express-trein by die Denver-stasie suidoos van Johannesburg het teen ‘n stilstaande Metroplus-trein gebots.

‘n Woordvoerder van die Spoorveiligheidsreguleerder, Babalwa Mpendu, sê hulle het teen laat gistermiddag die ondersoek voltooi.

Mpendu sê ‘n kommissie van ondersoek sal aangestel word om die oorsaak van die ongeluk te bepaal, en sal na verwagting Woensdag ‘n voorlopige verslag uitreik oor die botsing.

Die Reguleerder sal glo binnekort aanbevelings aan PRASA doen oor hoe sulke voorvalle in die toekoms vermy kan word.

Die passasierspooragentskap PRASA het die passasiers wat in die treinongeluk beseer is aangemoedig om van Woensdag af te registreer vir vergoeding.

‘n Woordvoerder van PRASA, Lucky Montana sê R25 miljoen is beskikbaar gestel om passasiers met geringe beserings te vergoed, en bedrae van tussen R7500 en R15 000 sal uitbetaal word.

Instapsentrums is by Pretoriastasie en Parkstasie in Johannesburg ingerig waar passasiers vergoeding kan eis.

Volgens Montana het die passasiers nie regsverteenwoordigers nodig nie, maar hulle sal wel mediese verslae moet toon van die twee hospitale waar die beseerdes behandel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.