Virtuele volksvergadering op 1 Mei 2015

Deel op

Vanweë die toenemende onveiligheid en geweld, regeringsvyandigheid, aanslag op Afrikaanse skole, xenofobie, demografiese marginalisering, werkloosheid, armoede en ander probleme waarmee Afrikaners te kampe het, hou PRAAG op 1 Mei heel dag lank ‘n virtuele volksvergadering waaraan elkeen vrylik kan deelneem. U op die volgende 3 forums deelneem:

1. Die PRAAG-blad op Facebook.

2. @pro_afrikaans op Twitter.

3. Op die Disqus-kommentaarblad onder aan hierdie bladsy.

4. Via e-pos aan inlig[by]praag.org, waarna ons dit op Facebook en Disqus sal publiseer.

Oor die volgende paar dae, in aanloop tot die virtuele volksvergadering, sal ons ‘n oorsig verskaf van pogings wat reeds oor die afgelope 20 jaar aangewend is om Afrikaners saam te snoer, strategiese vergaderings en beplannings wat gehou is, en waarom sulke pogings moontlik nie tot op hede die nodige resultate gelewer het nie. Hoewel die vergadering eers amptelik op 1 Mei begin, is die debat dus reeds geopen. U voorstelle en kommentaar is welkom.

U kan nou reeds items vir bespreking op Disqus plaas, wat agterna op dié bladsy as ‘n sakelys aangebring sal word soos wat hulle deur deelnemers aanvaar word. Hier volg ‘n konsepsakelys.

SAKELYS

  1. Fisieke oorlewing: veiligheid, mediese sorg.
  2. Behoud van kultuur, skole en eie instellings.
  3. Doelwitte:
    1. Herstel van politieke en ekonomiese invloed.
    2. Kantons, grondgebied en/of selfbeskikking.
    3. Groter samehorigheid onder Afrikaners binne- en buitelands.
  4. Verraad en dwarstrekkery in eie geledere.
  5. Skakeling met internasionale organisasies.
  6. Die inligtingsoorlog teen Afrikaners in die media en elders.
  7. Vyandelike groepe.
  8. Water en elektrisiteit.

Dr. Dan Roodt
PRAAG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.