Die Bolsjewistiese Rewolusie is nou globaal

Deel op

Ek hoor nou-die-dag hoe een van M-TV se popafgode, Katy Perry, al singend waarsku dat ons reg moet maak vir die perfekte storm net toe donker stormwolke begin saampak oor Noord-Holland. Nogal toevallig was my gedagtes op daardie tyd, maar ek dink me. Perry se lirieke het ’n dieper betekenis as een of ander puberale liefdesdrama.

In haar musiekvideo sien ons allerlei simbole uit die Egiptiese mitologie, natuurlik met die piramide en sinspeling op die alsiende oog waarmee sy wil aangee dat sy in die binnekringe van die wêreld se skaduregering sit. Die verband tussen Egiptiese mitologie en hierdie okkulte beweging het te make met die feit dat Egipte belangrike genootskappe gehad het waar duistere geheime bespreek was, die sogenaamde mistieke skole.

josephsecreveSodra iemand begin het by hierdie skole so vanaf hul twaalfde lewensjaar moes hulle hul linkeroog met ‘n haarlok afgedek het, en sodra hulle na jarelange studie ten volle ingewy was, kon hulle hierdie haarlok verwyder van hul linkeroog, wat simboliseer dat hulle in die duisternis kan sien. Met die regteroog sien ‘n mens die lig en met die linkeroog die duisternis. Vandaar dat die Oog van Horus, die alsiende oog, die regteroog is, omdat dit goddelike krag en beskerming voorstel. Wanneer Perry en haar kollega-musiekgodinne die linkeroog benadruk in hul musiekvideos, gee hulle hiermee te kenne dat hulle kennis van duistere sake het.

Sonder om nou heeltemaal op sleeptou geneem te word deur ‘n musiekvideo, kan ons egter tot die gevolgtrekking kom dat daar inderdaad dinge tans in die wêreld gebeur wat besig is om ‘n perfekte storm te skep. Dit is asof ons in ‘n tang geneem is en van alle kante bestook word met vyandigheid.

Suid-Afrika is aan die brand, Europa sit met ‘n ekonomie wat nog sukkel om aan die gang te kom met duisende swart vlugtelinge aan die suidgrens, die Verenigde State word so stadigaan ‘n diktatuur, en een van die laaste “wit” lande in die wêreld, Australië, word ook so sydelings onder druk gesit om meer vreemdelinge – veral Moslems en Indiërs – toe te laat.

Laat staan nog dat bewegings soos IS steeds verder op globale skaal begin opereer, ironies genoeg in lande waar Amerika die vorige staatshoofde verwyder het. ‘n Mens wonder of dit te make kan hê met senatore soos John McCain wat saam met IS gesien was dat hulle samesprekings gevoer het.

Dit wil lyk asof al hierdie gebeurtenisse, globale aardverwarming, die belemmering van produktiewe landbou met belaglike grondeise, geneties gemodifieerde voedsel, oop grense, gewetenloosheid, kringtelevisie, facebook en hoër opgeleide radikales wat ‘n hele geslag studente opgevoed het met vals kennis, iewers tot ‘n punt sal kom waar daar geen vrye ontwikkeling na eie keuse meer moontlik sal wees nie.

Een van die bewegings wat hierdie verskynsel moontlik gemaak het is die ondergang van die nasiestaat. Tot op hede word vanuit allerlei oorde geroep dat nasionalisme, wat die ideologiese dryfveer is agter die nasiestaat, die wêreld se nommer een boosdoener is terwyl dit eintlik die oplossing was vir al hierdie ellende. Hoe meer ‘n mens teen tradisie begin agiteer, hoe groter is die kans dat dit iewers in die toekoms tog weer na vore sal tree en rigting gaan gee aan die vreemdes en verlorenes.

Vandaar meen ek dat die slim wêreldheersers ook hiervan weet en alle moontlike middele nou insit om te sorg dat daar geen ideologiese “tuiste” meer sal oorbly wanner die storm verbygeraas het nie, dat die onderhewige volkere geen keuse sal hê as om die moreel bankrotte en geesdodende lewe te aanvaar wat hulle vir ons uitgestippel het nie.

In die meeste van hierdie wêreldoorheersende ideologieë kom daar voortdurend een bestel na vore, naamlik die Republiek soos voorgestel deur Plato. Of dit nou kommunisme, globalisme, nasionaalsosialisme of fascisme is, albei stelsels streef na ‘n hoër adelstand van geleerdes, gevolg deur verskeie werkers -en soldateklasse onderaan.

Die filosoof Plato het vir dertien jaar lang gestudeer in hierdie mistieke skole. Volgens die geleerde esoterikus Manly Palmer Hall was Plato die hoogste Illuminatus, en dit mag ‘n verklaring bied hoekom die kommuniste en die Verenigde Nasies stilletjies werk om sy Republiek ‘n werklikheid te maak. Die einddoel is dat almal werkers en soldate moet wees, met slegs ‘n klein kliek bo-aan wat weet wat gebeur. Dit klink verdag veel soos Marx se oproep dat die werkers van die wêreld hulself moet verenig.

Selfs hier in Nederland sien ons hierdie tendens hoe kinders in graad 7 die cito-toets moet aflê wat bepaal waarvoor hulle aanleg het, en na watter hoërskool hulle moet gaan. In die hoër beroepslewe is ‘n passie vir jou vak ook ‘n vreemde verskynsel. Alles is afgebreek tot banale nommers en syfers en om dosente aan te tref wat met ywer hulle kennis wil deel aan hul studente sien ‘n mens nouliks. Die enigste wat hier geld is resultate. Oor die meer subtiele aspekte van menswees word geen aandag aan bestee nie, terwyl daar juis die belangrikste prosesse plaasvind wat ons mens maak.

Daarbenewens sien ons in die Europese welsynstate steeds meer ma-dominante en pa-afwesige gesinne. Die kerngesin word kleiner en kinders word al op baie jong leeftye vanaf enkele maande oud in kinderdagverblywe ondergebring.

Soos Marx en Plato wou, word kinders dus steeds minder deur die kerngesin opgevoed, en lyk kinderopvoeding eerder soos ‘n fabriek as ‘n verheuging in hul ontluikende talente soos net ‘n gesonde kerngesin kan waarborg. Die eindresultaat is dat mense nie geleer het om volwasse te word nie, en ‘n samelewing van kleuters ontstaan wat nie meer met wysheid en persoonlike insigte op hul eie bene kan staan nie. Daardeur word hulle afhanklik van die staat en regverdig op hierdie manier ‘n diktatuur.

Ek vermoed dat die kommuniste se obsessie om mense saam te dwing, of uitsprake dat die groep belangriker is as die indiwidu juis te make het om mense tot konfirmiteit te dwing. As hulle te indiwidualisties is, gaan hulle vir hulself leer dink, en dit is die ergste wat die magshebbers kan oorkom. In ‘n konformistiese groepsverband is mense juis geneig om met die groep saam te praat om nie hulself te vervreem nie, soos Solomon Asch se bekende konformiteitseksperiment uitgewys het.

Die ou orde moet vernietig word voordat die nuwe een uit die as kan verrys. Die chaos wat ontstaan gaan verder help om die magtigste titane van die wêreld se greep te versterk en al doende sorg dat die mens geen vrye ontwikkeling het buiten die paaie wat hulle vir ons gebaan het nie. Waar die kommuniste se vlag rooi was, die kleur van bloed en rewolusie, is die kleur van die EU se vlag blou, wat onderduimsheid en subtiliteit voorstel, die stadige, koel rewolusie. Elke land met ‘n Westerse inslag ervaar nou hierdie sluimerende rewolusie op sy eie manier.

Soos Nikita Kroesjof vir Kennedy destyds gewaarsku het, sal Amerika (en die Weste as geheel) een oggend opstaan en besef dat hulle in ‘n kommunistiese staat leef, nie-wetende wat hulle oorkom het nie, en snaaks genoeg het Verwoerd juis hiervoor gewaarsku met die vrylating van Mandela.

Toe Suid-Afrika se eerste swart president – FW de Klerk – aan bewind gekom het, was dit in feite die begin van die einde gewees, en nou moet ons toesien hoe die Weste soos ‘n kaarthuis stadig maar seker instort, terwyl ons geen idee het wat van ons mooi land geword het nie.

Ek dink die volgende stap sou wees om te kyk na wat die groot Joodse vermaaklikheidsfabriek in Hollywood nog vir ons te biede het. Daardie filmtrilogie “The Hunger Games” is een wat ons ter harte moet neem, en dalk kan die argitekte van hierdie Nuwe Wêreldorde ons tog ‘n paar dinge leer hoe om hierdie perfekte storm te oorleef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.