Noodtoestand in Baltimore na swart geweld

Deel op

‘n Noodtoestand is afgekondig en ‘n weeklange aandklokreël is ingestel nadat swart geweld uitgebreek het in Baltimore in die Amerikaanse deelstaat, Maryland.

Die onrus het ontstaan na die begrafnis van Freddie Gray, ‘n swart Amerikaanse krimineel wat vroeër die maand in polisie-aanhouding dood is.

Gray was 18 keer voorheen in hegtenis geneem vir dwelmverwante oortredings. Dit is nie bekend hoe lank hy die tronk deurgebring het nie. Hy het ‘n mes aan hom gehad toe hy gearresteer is, het The Guardian berig.

Die swart onluste het glo gevolg nadat pamflette oor die naweek dmv sosiale media versprei is wat vra dat swartes na Mondawmin Mall opruk.

Dit was veronderstel om ‘n vreedsame optog vir Freddie Gray te wees wat gou in geweld en plundery ontaard het.

Amptenare het die onrus as die ergste bestempel sedert die sluipmoord op Martin Luther in 1968.

Verskeie polisiebeamptes moes behandeling ontvang nadat die polisie en betogers slaags geraak het. Minstens 15 polisiebeamptes is beseer, waarvan ten minste een in ‘n kritieke toestand verkeer.

Swart oproeriges het die polisie met klippe, bottels en ander voorwerpe bestook.

Die goewerneur van Maryland, Larry Hogan het die geweld veroordeel.

Die polisie het gesê lede van ‘n groep oproeriges het ‘n brandslang gesny terwyl die brandweer probeer het om ‘n brand by ‘n winkelsentrum te blus waarop plunderaars toegesak het.

Baltimore Sky Eye se helikopter 13 het een swart plunderaar afgeneem waar hy fluks besig was om goedere uit ‘n winkel te steel en in ‘n wagtende voertuig te laai.

Die polisie het vroeër te hore gekom van ‘n sameswering dat verskeie bendes beplan om wetstoepassers te vermoor.

Rassespanning in Amerika is op die spits gedryf ná ‘n aantal voorvalle die afgelope ruk waar slegs wit polisielede vir geweld verkwalik word.

Swart-op-swart geweld soos in Chicago wat in veelvoude van tien meer lewens eis, kry daarenteen byna geen aandag nie.

Gray is Maandag begrawe in ‘n wit kis met goue versiering.

Die drie polisielede wat Gray in hegtenis geneem het, was wit, en klaarblyklik is wittes oorverteenwoordig in Baltimore se polisiedepartement.

Anders as in Ferguson is die munisipaliteit egter swart.

Los Angeles het intussen ‘n “blou waaksaamheidswaarskuwing” uitgevaardig uit vrees dat die geweld kan oorspoel na die stad uit wraak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.