Minister: Khoi en San kan uitsien na grond van voor 1913

Deel op

Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê grond is vir Khoi-San-grondeise in die Wes-Kaap beskikbaar.

Nkwinti het die naweek in Qwa-Qwa gesê soortgelyke eise sal ook in die Oos-Kaap toegestaan word.

Daar is glo geen spertyd vir die eise nie, het Nkwinti se woordvoerder, Mthobeli Mxotwa, aan Netwerk24 gesê.

Sulke aansprake kan kragtens die wet wat bepaal dat grondeise slegs ná 1913 oorweeg word, ongeldig wees, maar klaarblyklik “kyk” die ANC na die saak.

Afstammelinge van die Khoi en San moet deurgaans bewys lewer van hul erfenis, het aktiviste gesê, maar wanneer ‘n Xhosa grond eis, word ‘n DNS-toets nie vereis nie.

Nkwinti se aankondiging het wenkbroue laat lig aangesien die Khoi en San se tradisionele leiers nie deur die ANC erken word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.