Heilbron loop onder brandstigters deur

Deel op

Heilbron in die Vrystaat het Sondag onder brandstigters deurgeloop.

‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat daar die naweek vyf voorvalle in die dorp plaasgevind het.

Die brandweer is in die vroeë oggendure uitgeroep nadat ‘n brandende motor voor die hotel in die dorp opgemerk is.

Die stadsaal is later aan die brand gesteek en is in puin gelê.

Vure is by ‘n plaaslike winkel gestig, asook onder ‘n bakkie en by die munisipale kantore, maar kon betyds gekeer word. Die kantore is ongeskonde.

Volgens die brandweer is ‘n woonstel ook aan die brand gesteek.

Die landdroskantoor het in Februarie afgebrand.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.