April ‘n gru-maand vir padsterftes

Deel op

Nagenoeg 700 mense is in die eerste drie weke van April op Suid-Afrika se paaie dood, het die Padverkeerbestuurskorporasie gesê.

Volgens voorlopige getalle is 699 mense tussen 30 Maart en 20 April op die land se paaie dood, het ANA berig.

Die Padverkeerbestuurskorporasie het gesê dit kan toegeskryf word aan motoriste se roekelose gedrag en die verontagsaming van verkeersreëls.

Die grootste getal sterftes het in KwaZulu-Natal voorgekom waar 148 mense in 116 ongelukke dood is. In Gauteng is 119 sterftes aangeteken. Die Noord-Kaap en Vrystaat het die laagste sterftesyfers aangeteken, onderskeidelik 19 en 52.

Makhosini Msibi, uitvoerende hoof van die Padverkeerbestuurskorporasie, het ‘n beroep op motoriste gedoen om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie en hul spoed te verminder.

Volgens Msibi is menslike foute en bande wat bars die hoofoorsaak van ongelukke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.