Die Oos-Kaapse polisie sê hulle is steeds opsoek na diegene wat ‘n Sara Baartman-gedenkteken by Hankey gevandaliseer het.
Ooggetuies sê hulle het Saterdag gesien hoe ‘n groep mense wit verf oor die gedenkteken van die Khoi-vrou uitgooi. Die Khoi was die eerste bewoners van Suid-Afrika voordat Bantoes hulle verdryf het.
Dit is die jongste beskadiging van ‘n standbeeld wat begin het na ‘n veldtog om ‘n standbeeld van die Britse kolonialis, Cecil John Rhodes by die Universiteit van Kaapstad te verwyder.
‘n Aantal standbeelde, insluitend een van Paul Kruger in Pretoria, is intussen beskadig te midde van ‘n anti-wit veldtog teen “kolonialisme”.
Kruger, sowel as Baartman was slagoffers van kolonialisme, anders as Rhodes, maar oproepe van die ANC-Jeugliga asook die EFF om beelde te verwyder, is duidelik teen blankes gemik.
‘n Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, Gerda Swart het bevestig dat ‘n ondersoek na die voorval aan die gang is.