Nepal-skudding: Everest-klimmers dood

Deel op

Minstens 17 bergklimmers is op Everest dood toe ’n massiewe sneeustorting weens ‘n groot aardskudding in Nepal hulle verswelg het.

Die sneeustorting het ’n groot gedeelte van die basiskamp op Everest verwoes en vrese laat ontstaan dat baie meer ongevalle op die berg kan wees omdat baie bergklimmers daar uitgekamp het.

Die skudding, wat 7,9 op die Richterskaal geregistreer het, het oos van Pokhara in Nepal getref en kantoorgeboue en verskeie huise verwoes.

Die dodetal in die verwoestende aardskudding wat die Katmandoe-vallei Saterdag geruk het, styg steeds en volgens owerhede die is meer as 3 200 mense dood.

Tienduisende is dakloos gelaat na die ramp. Inwoners se huise is vernietig, terwyl ander te bang is om na hulle huise terug te keer, te midde van sterk na-skokke.

Talle sterftes in China en Indië is ook weens die aardbewing aangemeld. Intussen het talle reddingspanne en hulpmateriaal in die land begin aankom.

Telefoonlyne is erg beskadig en wat kommunikasie met nooddienspersoneel bemoeilik.

Vyf Suid-Afrikaners wat vermis was na die skudding is glo intussen opgespoor en hul gesinne laat weet dat hulle veilig is.

Die Britse regering het hulp beskikbaar gemaak om Nepal by te staan. Die Britse departement van internasionale ontwikkeling sê die fonse is dadelik beskikbaar om broodnodige voorrade te verskaf, terwyl die res aan die Rooi Kruis gegee sal word.

Verskeie Britse burgers is direk deur die aardbewing geraak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.