MRK ontvang dreigemente oor ondersoek teen Zoeloe-koning

Deel op

City Press het berig dat dreigemente om die Mensregtekommissie (MRK) in Durban af te brand ontvang is as die kommissie met sy ondersoek teen die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelithini, sou voortgaan.

Veiligheid by die MRK moes dringend verskerp word ná die dreigemente van geweld.

Zwelithini het by ‘n byeenkoms buitelanders met miere en luise vergelyk en hulle aangeraai om hul tasse te pak en te gaan in sy toespraak verlede maand in Pongola, KwaZulu-Natal.

Hy het egter ‘n “Derde Mag” en die media blameer vir aanhitsing van geweld.

‘n Georkestreerde veldtog is in Afrikalande teen suksesvolle Suid-Afrikaanse maatskappye opgemerk.

Volgens City Press is die MRK aangeraai om dadelik op te hou met hulle ondersoek om te verhoed dat die MRK-kantoor aan die brand gesteek word met werknemers binne-in. MRK-personeel word glo dopgehou.

Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, het bevestig dat die kommissie dreigemente ontvang het.

Mangena het gesê Zwelithini speel geen rol in die dreigemente nie en die koning het glo sy volle samewerking aan die MRK gegee.

Die regering sê intussen hulle gaan nie sy hoë kommissaris in Nigerië terug roep nie, ten spyte van Abuja wat sy ambassadeur uit Pretoria ontbied het.

Suid-Afrika het Nigerië se besluit gekritiseer en sê Nigerië het nooit aangedui dat hy die kwessie van xenofobiese geweld met Suid-Afrika wil bespreek nie.

‘n Woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Clayson Monyela sê hulle gaan die kwessie met Nigerië se nuwe regering bespreek, wat aanstaande maand ingehuldig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.