PRAAG-webblad verander van formaat

Deel op

Nadat ons ‘n ruk lank van ‘n eenvoudige, minimalistiese voorblad gebruik gemaak het, het ons nou weer verander na die huidige formaat wat steeds taamlik eenvoudig daar uitsien, maar wat sterker tipografie bevat. Lesers is welkom om kommentaar te lewer en wenke aan die hand te doen oor hoe ons die blad nog meer gebruiksvriendelik kan maak. Of moontlik is daar funksies wat elders aangebied word wat ons insgelyks kan aanbring.

– Die redaksie

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.