Geld vloei van Russe na Hillary vir uraan

Deel op

Amerikaners kan hulself die skouspel van ‘n verkiesing in 2016 en miljarde dollar spaar. Al wat die VSA moet oorweeg is ‘n jong Clinton wat met ‘n junior Bush afhaak, sê ontleders.

Dit is die realiteit van die VSA se gebroke politiek stelsel in 2015, waar invloed bloot gekoop word deur belangegroepe om beleid te rig en selfs die opposisie tot ‘n elite-klas behoort wat hul voorregte klaarblyklik oorerf.

Dit is uiters ironies dat ‘n land wat “demokrasie” uitvoer, dws, deelname aan die politieke proses, nou die mees geslote politieke stelsel in die Westerse wêreld verteenwoordig.

Met dié dat slegs twee families Washington beheer, raak die magsintriges al hoe meer makaber.

Terwyl president Wladimir Poetin deurentyd deur die Anglo-Amerikaanse meningsvormers sleggesê word omdat hy groot dele van Eurasië se energiehulpbronne in ‘n ystergreep klem, het hy ook opgemerk dat die VSA se volgende president, Hillary Clinton, te koop is.

Prawda se trompetgeskal in ‘n artikel van Januarie 2013, dat Poetin vir Rusland se kernenergiekorporasie Rostom die wêreld oorwin, het aangedui hoe die Russiese atoomenergie-agentskap dmv ‘n oorname van ‘n Kanadese maatskappy nou uraan-ontginning vanaf Sentraal-Asië tot die Amerikaanse Weste beheer.

Danksy die oorname van Urianium One is Rosatom tans een van die wêreld se grootste uraanprodusente en het dit Poetin nader aan sy doelwit gebring om die beheer van baie van die aardbol se uraanvoorsieningsketting oor te neem.

En dit het die Russiese president klaarblyklik mbv van Hillary Clinton reggekry.

Die Russe beheer op die oomblik ‘n vyfde van die Verenigde State se totale uraanproduksiekapasiteit. Omdat uraan beskou word as ‘n strategiese bate, met implikasies vir nasionale veiligheid, was die transaksie veronderstel om deur ‘n komitee bestaande uit verteenwoordigers van ‘n aantal van regeringsagentskappe goedgekeur te word.

Die agentskappe se aanbevelings is uiteindelik afgeteken deur die State Department, onder leiding van Hillary Clinton.

Die Russe het geleidelik beheer van Uranium One in drie afsonderlike transaksies tussen 2009-2013 oorgeneem, het Kanadese rekords aangetoon, met ‘n stewige vloei van kontant na die Clinton-stigting.

Daardie bydraes is nie openbaar gemaak deur die Clintons nie, ten spyte van ‘n ooreenkoms tussen die Withuis en Hillary om alle skenkers te verklaar.

En kort ná die Russe se aangekondig van hul voorneme om ‘n meerderheidsbelang in Uranium One te bekom, het Clinton $500 000 ontvang vir ‘n toespraak in Moskou.

Die geld het van ‘n Russiese beleggingsbank wat met die Kremlin verbind word, gekom en die bank het Uranium One se aandele aanbeveel.

Rosatom en die Amerikaanse regering het allerlei beloftes gemaak na kommer oor die prysgawe van beheer oor die maatskappy se bates aan die Russe aan die lig gekom het. Daardie beloftes het herhaaldelik gebreek, toon rekords in die besit van die New York Times.

Dié aangeleentheid werp nuwe lig op Suid-Afrika se besluit om in kernkrag te belê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.