Name bekend van brandbestryders in jongste heli-ongeluk

Deel op

Die twee brandbestryders wat Woensdagmiddag in ‘n helikopter-ongeluk in Bainskloof naby Wellington in die Wes-Kaap omgekom het, se name is bekend gemaak.

Darrell Rea (39), die vlieënier en Jastun Visagie (23), sy medepassasier, is in die ongeluk oorlede is. Albei was lede van Working on Fire.

Dit is die derde lid van Working on Fire wat in ‘n soortgelyke ongeluk dood is. Hendrik “Bees” Marais is in Maart vanjaar dood nadat hy ‘n noodlanding met sy helikopter by Kaappunt moes doen.

“Die helikopter het in Bainskloof naby Wellington neergestort toe dit naby die brand in sterk winde moes land om die helikopter reg te kry vir vuur-bombardering,” het ‘n woordvoerder vroeër gesê.

Die mees onlangse vliegongeluk word ook deur die polisie en die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Johan Heine, Working on Fire se uitvoerende hoof, het sy medelye teenoor die naasbestaandes uitgespreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.