Medupi-werkers staak lustig voort na hofbevel

Deel op

Konstruksiemaatskappye wat betrokke is by die bou van die Medupi-aanleg op Ellisras (Lephalale) in Limpopo stuur steeds teksboodskappe aan werkers waarin hulle aangesê word om terug te keer werk toe.

Kontrakteurs en Eskom het verlede week ‘n hofbevel bekom wat gelas dat die werkers hulle staking beëindig, het RSG berig.

Die meerderheid van die werkers gaan egter voort met hulle onbeskermde staking wat nou reeds bykans vier weke lank duur, ondanks die gevaar dat hulle afgedank kan word.

Volgens die Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe meld minder as tweeduisend van die sowat 16 000 werkers daagliks vir diens aan.

Hulle maak van openbare vervoer gebruik in plaas van die busse wat deur Eskom verskaf word om intimidasie te vermy.

Daar is vroeër bekendgemaak dat die voltooiing van Medupi, asook die Kusile-aanleg, verder deur die voortslepende arbeidsonrus vertraag gaan word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.