Berigte in News24 dat die selfoondiensverskaffer MTN agv xenofobiese geweld in Suid-Afrika hul kantore in Nigerië moes sluit, is glo vals.
MTN het berigte ontken dat sy kantoor in Abuja geraak is. “Dit veroorsaak groot skade aan ons reputasie,” het MTN se woordvoerder aan News24 gesê.
Hy het gesê daar was Dinsdag ‘n vreedsame aksie buite die Abuja-kantoor en nie Woensdag soos berig nie. ‘n Memorandum is by die geleentheid oorhandig.
Die enigste “ontwrigting” was vir sowat ‘n uur toe MTN-personeel nie toegang tot die gebou kon kry nie tydens die oorhandiging van die memorandum, sê Maroleng.
Die Daily Sun is vroeër aangehaal oor die sogenaamde sluiting van MTN.
Op grond daarvan, het News24 vroeër berig dat MTN onmiddellik sy deure gesluit het en sy bedrywighede opgeskort het asook sy diens, maar Maroleng het gesê hierdie inligting is vals.
“Ons besigheid is ten volle operasioneel,” sê Maroleng.