Israel weier Nzimande visum om Afrika-studies te loods

Deel op

Die Israelse regering het die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande se visum-aansoek om die Palestynse gebiede te besoek, geweier.

Hy was genooi deur sy Palestynse eweknie om die Sentrum vir Afrika-studies te loods, maar is gisteraand in kennis gestel dat die Israelse ambassade sy toegang tot die land geweier het.

Nzimande se departement het by monde van sy woordvoerder gesê die weiering is ‘n direkte aanval op die Suid-Afrikaanse regering.

Luidens die woordvoerder, Khaye Nkwanyana kan die weiering ‘n ernstige diplomatieke probleem skep. Hy het gesê die besoek van die Palestynse president aan Suid-Afrika het aanleiding tot die Israelse houding gegee.

Nzimande sou die Palestynse gebied van vandag tot aanstaande Woensdag besoek het.

Nzimande sê hy en drie amptenare het aansoek gedoen vir die visums deur die gewone kanale, maar is geweier sonder ‘n verduideliking.

Dit is deel van ‘n opvolgbesoek om samewerking in navorsing tussen die Universiteit van Johannesburg en instansies in die Palestynse gebied te bevorder.

Nzimande het intussen gevra dat alle Israelse instellings in Suid-Afrika geboikot moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.